Die Nigeriese pastoor, Timothy Omotoso, is vrygelaat nadat die Departement van Binnelandse Sake nie die korrekte prosedures gevolg het nie.
SABC News berig Omotoso was veronderstel om binne 48 uur na sy inhegtenisneming, wat Maandag om 07:00 verval het, voor die hof gebring te word. Omotoso het eers Maandagmiddag om 14:00 in die hof verskyn.
Die departement sê hy sal sy standpunt vorentoe oorweeg sodra hy die skriftelike uitspraak ontvang het.
Intussen appelleer die Nasionale Vervolgingsgesag teen die uitspraak van die Oos-Kaapse afdeling van die hooggeregshof in Gqeberha wat verband hou met die saak teen Omotoso en twee ander.
Hulle het meer as 30 aanklagte in die gesig gestaar wat verkragting en mensehandel ingesluit het.