Die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is gisteraand in hegtenis geneem.
Maroela Media berig alhoewel die rede vir hul inhegtenisname nog onbekend is, volg dit dae nadat Rapport berig het dat die Valke en Nasionale vervolgingsgesag weer bewerings teen Liebenberg ontvang het.
Dit sluit glo onder meer in dat hy betalings aan hooggeplaaste politici gemaak het, en dat hy glo omkoopgeld aan ‘n ondersoekbeampte en ‘n senior regeringsamptenaar in die Noord-Kaap betaal het
. Daar is ook vrooër aangevoer dat Liebenberg ‘n Ponzi-skema bedryf. Die twee sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
2 Comments
Comments are closed.