Die omstrede oud-Bloemfonteinse vroedvrou, Yolande Fouchee – toe Maritz – het Donderdag vir die tweedekeer in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Dit onder die wakende oog van AfriForum se privaatvervolgingseenheid. Hulle het reeds drie slagoffers bygestaan om die saak voor die hof te bring en daar is nou nog ‘n ma wat beweer dat haar kind gestremd gelaat is, nadat sy by Fouchee se geboortesentrum aangeklop het.

Dit het jare geneem voordat die bewerings na vore gekom het en sy het eers in Bloemfontein en toe in Pretoria met haar praktyk, You & Me, voortgegaan. Maroela Media berig verder dat Fouchee daarvan beskuldig word dat sy vir die dood of gestremdheid van verskeie babas verantwoordelik is.

Sy is reeds in 2021 deur die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging aan onprofessionele gedrag skuldig bevind. Haar saak sal nou na verwagting in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×