Intelwatch sê die Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette – soos dit tans daaruit sien – sal nié staatskaping in die toekoms verhoed nie. Die sogenaamde spioenasiewetsontwerp, moet help om die Zondo-kommissie, asook die Staatsveiligheidsagentskap, se aanbevelings te implementeer.
Die Nasionale Raad van Provinsies se ad hoc-komitee het gevra vir verdere kommentaar oor die voorgestelde bepalings. Soos vroeër berig, beteken dit dat die wetsontwerp nie voor die einde van die huidige parlementstermyn afgehandel sal kan word nie.