Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein het die regering se poging om die 2020-beslissing oor die verkoop van tabak om te keer van die hand gewys.

Die 2020-beslissing het bevind dat die omstrede verbod op tabakverkope wat in die vroeë stadiums van nasionale COVID-19-inperking geïmplementeer is, ongrondwetlik en ongeldig was.

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het appèl aangeteken, wat in Maart aangehoor is.

Die uitspraak is Dinsdag gelewer.

Dlamini-Zuma, se kantoor het intussen gesê die regering bestudeer nog die hof se uitspraak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×