Daar heers omstredenheid oor die verbod op media-teenwoordigheid by die gesamentlike militêre oefeninge wat Suid-Afrika, Rusland en China se vlootsoldate aan die KwaZulu-natalse kus gaan uitvoer.

Kobus Marais, DA-LP en woordvoerder oor verdediging, het gesê om die media te verbied is onaanvaarbaar.

Hy meen die land is veronderstel om ‘n demokrasie te wees, maar dat hierdie verbod dit na ‘n outokratiese en diktatoriale bestel laat lyk.

Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of SANW, het gister aangekondig dat die media nie by “Oefening Mosi 2” welkom is nie.

Die oefeninge van die drie vlote is geskeduleer vir 17 tot 27.

Suid-Afrika weier tot dusver om Rusland te kritiseer oor sy inval van, en oorlog teen Oekraïne.

Die SANW se militêre oefening met Rusland en China ontlok skerp kritiek vanuit wêreldwye opposisie geledere.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×