Die Gautengse onderwysdepartement gaan ‘n onafhanklike regsfirma aanstel om die dood van twee tienerseuns tydens ‘n skooluitstappie in Centurion te ondersoek.

Die 15-jarige Siphamandla Peterson en die 17-jarige Sibusiso Sibaya, leerders van die Daveyton Skills Skool in Benoni, het Maandag in die Hennopsrivier verdrink. Die seuns was deel van ‘n dissipline-kamp by ‘n oord langs die rivier. Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het gesê dissiplinêre stappe sal ook teen enigeen ingestel word wat nalatig opgetree het en tot die dood van die seuns bygedra het.

Chiloane het gesê dit is betreurenswaardig dat sommige skole nie bykomende voorsorgmaatreëls tref om leerders se veiligheid tydens uitstappies te verseker nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×