Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, sê spesiale stemme en huisbesoeke sal op 27 en 28 Mei plaasvind. Die OVK het vandag ‘n media-inligtingsessie oor die stand van gereedheid vir die komende verkiesing gehou.
Die spesiale stemming het ten doel om kiesers wat fisies siek, gestremd of swanger is, te help om tuis te stem. Dit sal ook kiesers wat nie in hul stemdistrikte sal wees nie toelaat om hul stemme voor die verkiesingsdag in te dien. Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê aansoeke vir die spesiale stemming sal op 3 Mei sluit.