Nomantu Nkomo-Ralehoko, LUR vir gesondheid in Gauteng, het met die leierskorps van die Helen Joseph-hospitaal vergader oor Tom London se aantygings oor swak hospitaalsorg te gesels.
Die vergadering volg op London se video op sosialemedia waarin bewerings gemaak word van mishandeling en verwaarlosing van pasiënte, waaraan dokters en ander hospitaalpersoneel hulle glo skuldig maak.
Die 51-jarige London, wie voorheen in die uitsaaiwese werksaam was, is op 25 Augustus met asemhalingsprobleme in die Helen Joseph-hospitaal opgeneem. Hy het homself Saterdag ontslaan.
Nkomo-Ralehoko sê die departement is tevrede met die standaard van sorg wat by die hospitaal verskaf word.