Ondanks bespiegelings dat Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, Mxolisi Siyonzana, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro en agt LUR’e die trekpas gekry het, word daar skynbaar nog hieroor beraadslaag.

Volksblad berig dit aldus Jabu Mbalula, woordvoerder van die Vrystaatse ANC, vanaf ‘n saamtrek by Ilanga Estate in Bloemfontein.

Hy het wel gister bevestig dat dit waar is dat Siyonzana vervang gaan word, maar dat daar nog besluit moet word oor hoe die proses gaan verloop, en ook oor wie Siyonzana as burgemeester gaan vervang.

Asseserings word gedoen oor die prestasie en werksaamhede van die premier en al die LUR’e.

Indien daar van hulle is wat weens swak prestasie vervang moet word, sal daar eers besluit moet word deur wie hulle vervang sal word.

Premiers kan slegs deur president Cyril Ramaphosa herroep en aangestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×