Ondanks die volgehoue verval van die SA Nasionale Weermag, bestee hy so baie geld aan salarisse dat min oorbly om sy toerusting op te knap of nuwes aan te koop. Dit is volgens die parlement se staande komitee oor verdediging se verslag vir die medium-termyn wat die week goedgekeur is. Die verslag bevestig volgens Netwerk24 dat die SANW in ‘n kritieke toestand van verval is. Die komitee spreek ook sy kommer uit oor die beskikbaarheid van noodsaaklike toerusting vir weermag-operasies en onvoldoende logistieke ondersteuning weens beperkings om instandhouding te doen en nuwe toerusting aan te koop. Daar is ook kommer oor die instandhouding van lugvaartuie soos die Oryx- en die Rooivalk helikopter. Daar is ook ‘n geld-tekort om magte wat elders ontplooi is, logisties te ondersteun. Verlede jaar is 69% van die SANW se hele begroting aan salarisse bestee. Die SANDF het meer as 400 generaals. Dit is een generaal vir elk van die 184 werknemers, volgens navorsing gedoen vir die staande komitee vir Verdediging en Militêre veterane in die parlement

error: Inhoud is beskerm !!