Ondanks dreigemente van geweld, sal die ANC met regstappe teen die gebruik van die MK-handelsmerk voortgaan.

Fikile Mbalula sê die ANC het nie ‘n probleem daarmee dat oudpresident Jacob Zuma ‘n politieke party op die been gebring het nie. Die ANC maak egter wel kapsie teen die gebruik van die uMkhonto we Sizwe (MK) handelsmerk.

Die gebruik hiervan word nou in die hof betwis, en ‘n aansoek vir deregistrasie van die MK-party word ook gebring. Sekretaris-generaal Mbalula sê daar is nie plek vir wetteloosheid en anargie nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×