Onderbesteding van R195 miljoen aan herstelwerk van paaie in die Vrystaat wys dat die ANC die verkeerde prioroteite vir die provinsie het. So sê Armand Cloete, VF Plus-LPW, in ‘n verklaring oor dié onderbesteding van 14%. Netwerk24 berig voorts dat die department vir polisie, paaie en Vervoer ook Vrydag op ‘n vergadering van die Vrystaatse openbarerekeninge-komitee erken hy het in dieselfde tydperk R140 miljoen of 17% aan salarisse oorbestee. Cloete het gesê selfs al sou die geld vir paaie na die volgende boekjaar oorgedra kon word, is dit reeds te laat. Volgens hom moes instandhouding van paaie reeds in die vorige geldjaar gedoen gewees het. Hy het bygevoeg dat die Vrystaatse regering jaarliks relatief baie min vir die herstel van paaie begroot.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×