Sakeondernemings in Bloemfontein wat die Mangaung-metro munisipaliteit honderdmiljoene rand skuld, se elektrisiteit sal die week afgesny word. Netwerk 24 berig Gregory Nthatisi, waarnemende uitvoerende burgemeester van die metro, het gesê hy het nie meer ‘n keuse nie omdat die totale skuld aan die metro-munisipaliteit byna R10 miljard beloop. Daar is ‘n inkopiesentrum in Bloemfontein wat R106 miljoen vir water en elektrisiteit skuld. Daar is ook ‘n familie wat op hul geboue R244 miljoen vir water en elektrisiteit skuld.  Nthatisi het gesê sake moet reggeruk word anders kan die metro nie dienste lewer nie. Regeringsgeboue soos die Fidel Castro- en die O.R. Tambo-gebou se krag is weer aangeskakel nadat elkeen R25 miljoen vir water en elektrisiteit betaal het. Die geboue se krag is verlede week afgeskakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×