fSy verhoor is vandeesweek in die landdroshof in die stad tot vroeg volgende maand uitgestel. Volksblad berig verder ‘n polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê die die ontleding van die selfoondata is byna afgehandel. Die oud-onderwyser, wat op provinsiale vlak rugby gespeel het, mag nie geidentifiseer word totdat hy gepleit het nie. Hy is vroeër op borgtog van R500 vrygelaat, en staan tereg op aanklagte van seksuele gereedmaking, ontbloting, seksuele uitbuiting en die besit van kinderpornografie. Daar is voorheen berig dat die skool dadelik teen die onderwyser opgetree het toe bewerings aan die lig gekom het dat hy betaal het vir seksueel eksplisiete foto’s van leerlinge.