Ondersoek na die langtermynaanhouding van die vier mense wat van die moord op Louis Siemens teregstaan

 Ondersoek na die langtermynaanhouding van die vier mense wat van die moord op Louis Siemens teregstaan

Foto: Twitter

Die Departement van Korrektiewe Dienste het die Hooggeregshof in Bloemfontein gevra om ondersoek in te stel na die langtermynaanhouding van die vier mense wat van die moord op Louis Siemens teregstaan.
Dit kom nadat dié vier reeds langer as twee jaar verhoorafwagtend en in aanhouding is.
Netwerk24 berig die aansoek word gedoen kragtens wetgewing ingevolge waarvan ‘n persoon nie langer as
twee jaar aangehou mag word nie.
Adv Johan de Nysschen, namens die staat, het gesê dit is nie in die belang van geregtigheid dat die beskuldigdes vrygelaat word nie.
Uitspraak is voorbehou.

LeandreAdmin@