Ondersoek oor beweerde polisie-hardhandigheid teenoor lede van die publiek tans aan die gang

Beweerde polisie-hardhandigheid teenoor lede van die publiek tydens die eerste twee maande van die nasionale inperking in Maart en April verlede jaar, word tans deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek. OPOD het bevestig dat hy 49 sake ondersoek. Nege mense is in die voorvalle wat aangemeld is dood, maar ‘n ondersoek het intussen aangedui dat twee aan natuurlike oorsake gesterf het. Die Minister van Polisie, Bheki Cele het vroeër die ondersoeke bevestig in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag deur die DA-parlementslid, Andrew Whitfield. Vier van die sterftes was in Gauteng en drie in die Wes-Kaap. 

Luister na potgooie hieronder