Ondersoek sal gedoen word om die bevoegdheid van Busisiwe Mkhwebane te bepaal om die amp van openbare beskermer te beklee

Oudregter Bess Nkabinde en advokate Dumisa Ntsebeza en Johann de Waal is deur die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, aangestel om
ondersoek te doen na die bevoegdheid van Busisiwe Mkhwebane om die amp van openbare beskermer te beklee.
Dit kom nadat nuwe reëls aanvaar is oor die verwydering van ‘n hoof van enige Hoofstuk 9 instelling.
Die DA het ‘n mosie by die parlement ingedien dat Mkhwebane se geskiktheid vir die amp ondersoek moet word omdar daar verskeie verdoemende hofbevindings teen haar is.
Die datum waarop die paneel met sy werksaamhede begin, sal nog bepaal word.

Luister na potgooie hieronder