Die Britse polisie is gevra om ondersoek in te stel na bewerings dat ‘n persoon glo gepoog het om toegang te verkry tot die vertroulike mediese rekords van Catherine, prinses van Wallis. AFP berig prins William se vrou, alombekend as Kate, het in Januarie twee weke in die London Kliniek deurgebring na ‘n buikoperasie.
The Daily Mirror beweer daar is minstens een poging aangewend om toegang tot Kate se private mediese inligting te kry. Brittanje se databeskermings-waghond het intussen bevestig die saak word ondersoek. Die uitvoerende hoof van die London kliniek het bygevoeg alle toepaslike dissiplinêre stappe sal gedoen word rakende die beweerde oortreding.