Ondersteuners van die Vrystaatse Matjhabeng-munisipaliteit se burgermeester, Thanduxolo Khalipha, sê die saak teen hom is polities georkestreer.

Die landdroshof in Odendaalsrus het Khalipha tot vyf duisend rand of drie maande gevangenisstraf vir aanranding gevonnis, asook  tot ‘n twee en drie maande gevangenisstraf of ‘n drie-duisend rand boete op twee aanklagte van crimen injuria.

SABC News berig Khalipha het sy lyfwagte aangerand toe hulle probeer het om hom uit ‘n woedende skare te verwyder. Hy het ook tydens die Imbizo wat in Februarie gehou is, neerhalende opmerkings gemaak.

Ondersteuners hou vol dat Khalipha die enigste burgemeester is wat korrupsie in die munisipaliteit hanteer het en dat hy na die munisipaliteit moet terugkeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×