Ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma meen daar is géén manier dat Zuma weer agter tralies sal beland nie.

Die appèlhof in Bloemfontein het gisteroggend beslis dat Zuma by die tronk in Estcourt moet aanmeld om die res van sy tronkstraf van 15 maande uit te dien.

Netwerk24 berig die Zuma-lojalis, Carl Niehaus, het gesê dit is baie duidelik dat Zuma nie sal terugkeer tronk toe nie.

Volgens hom is enigiemand wat so dink, besig met wensdenkery.

Zuma sal hom nou waarskynlik tot die konstitusionele hof wend om te appelleer teen die bevinding van die appèlhof in Bloemfontein.

Appèlregter, Tati Makgokga, het gesê na gister se uitspraak is Zuma se posisie weer soos wat dit was voordat hy op 5 September verlede jaar op mediese parool vrygelaat is.

Volgens Makgokga het Zuma nog nie sy vonnis voltooi nie, en moet hy daarom na die Estcourt-tronk terugkeer om dit te doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×