Bloemfontein gaan eerkomende naweek gasheer speel vir die Junior Nasionale Onderwater Hokkie kampioenskappe wat Vrydag en Saterdag by Hoërskool Sentraal plaasvind.

Franco van der Merwe – hoofafrigter van Vrystaat Onderwater Hokkie en ook van die Bloemfontein Sub-Aqua klub – het hierdie byeenkoms bykans man alleen gereël en ook met die hulp van die spelers en ouers dit reggekry om spelers van Gauteng, Boland en die Weskus in koshuise en gastehuise in die dorp te vestig.

Gaan kyk ook gerus op die Facebook blad UNDERWATER HOCKEY BLOEMFONTEIN vir meer foto’s en inligting.

error: Inhoud is beskerm !!