Die Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat hulle opnames by 3000 skole regoor die land gaan doen in ‘n poging om die oorsaak van vreemde gedrag by leerders te ondersoek.

Dit kom nadat skole ongewone gedrag soos onbeheersde skree en hallusinasies onder leerders aangemeld het.

Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die opname sal begin sodra skole heropen het.

Mhlanga sê hulle het situasies gehad waar kinders in skole hallusineer, skree en sommige sou ineenstort en daar was ook selfmoord-gevalle.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×