Daar is nog net ‘n paar slapies oor tot verlede jaar se matriekklas hul uitslae ontvang.

Netwerk24 berig die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sal die uitslae Maandag om 18:00 op ‘n glansgeleentheid by die Mosaiiek-kerk in Randburg, Johannesburg, aankondig. Individuele uitslae sal dan Dinsdag aan matrikulante bekend gemaak word.

Diegene wat nie hul uitslae by die skool kan gaan haal nie, kan dit op aanlyn mediaplatforms sowel as in koerante kry.

Volgens die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sal Maandag se geleentheid voorafgegaan word deur ‘n tegniese inligtingsessie wat deur die direkteur-generaal van onderwys, Mathanzima Mweli, aangebied sal word. Op die inligtingsessie sal statistieke van die matriekklas van 2024 asook die eksamen breedvoerig bespreek word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×