Die Mhluzi-onderwyser wat op kamera vasgevang is waar sy met geweld probeer om ‘n leerder se lang vlegsels af te sny, is geskors.

Volgens die Middelburg Observer is die voorval op video vasgevang en doen tans rondte op sosiale media. Die Mpumalanga departement van onderwys het die optrede van die onderwyser, by L D Moetanalo High School in Mhluzi, veroordeel sê dit is nog nie duidelik wat tot dié voorval gelei het nie.

Daar word van onderwysers verwag om toepaslik en professioneel op te tree het die departement bygevoeg. Meer inligting sal verskaf word sodra die ondersoek afgehandel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×