Onderwysers by Bloemfontein skool gyselaar gehou tydens gewapende roof.

 Onderwysers by Bloemfontein skool gyselaar gehou tydens gewapende roof.

Die graad R-gradeplegtigheid van Universitas Primêre Skool in Bloemfontein het Donderdagaand in ‘n nagmerrie ontaard toe sewe vroue in die personeelkamer gyselaar gehou is tydens ‘n gewapende roof.

Volgens Neels Gunter, die skoolhoof, het onderwysers hul klaskamers gaan sluit nadat al die ouers weg is. Die verdagte het na bewering die vroue bymekaargemaak en hulle gyselaar gehou terwyl hy hulle van hulle besittings beroof het.

Gunter sê juweliersware en selfone is gesteel.

Dit is onbekend hoe die man toegang tot die skoolterrein gekry het. Volgens AlgoaFM het een van die onderwysers ‘n paniekknoppie gedruk om die polisie en veiligheidsmaatskappy te ontbied. Die oortreder het toe gevlug.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Gerdie Karstens