Ervare skoolhoofde en onderwysers verkies na bewering om eerder vroeg af te tree of groener weivelde te gaan soek as om die BELA-konsepwet te implementeer.

Die hoof van Laerskool Wierdapark in Centurion verduidelik dat dit wat eens hul passie was, vir hulle geen plesier meer inhou nie.

LEES MEER: Onderhandelings oor Bela-wetgewing vorder stadig

Maroela Media berig dat skoolhoofde deur die departement aangestel word om die BELA-wet uit te voer, maar hulle gaan as buffer moet optree tussen die skoliere se ouers en die onderwysdepartement.

Indien die nuwe BELA-wet geïmplementeer word, beteken dit dat skole Engelse leerders sal moet inneem.

LEES MEER: Afriforum bly bekommerd oor omstrede Bela-wetgewing

Baie onderwysers is nie daarvoor opgelei nie, en dit sal die standaard van skole nog verder laat daal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×