Onderwysers wat lyfstraf toedien, sal volgens die departement van basiese onderwys, strenger vonisse in die gesig staar.

Dit volg na die departement ‘n werksessie oor die inplementering van die wysigingswetontperp op basiese onderwyswette gehou het.

Die wetsontwerp versterk die verbod op lyfstraf, wat enige doelbewuste daad insluit wat poog om leerders te verkleineer, te verneder, te dreig of bang te maak.

Luidens James Ndlebe van die departement sal die howe die vonnisse bepaal wat opgelê word aan onderwysers wat hulle aan dié dade skuldig maak.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×