Suid-Afrika se demokrasie kan ondermyn word as die parlement versuim om die aanbevelings oor staatskaping te implementeer.
Dit volgens die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa.
Outa het gesê die parlement het die verpligting om deursigtig en verantwoordbaar te wees.
Die organisasie se Rachel Fischer het gesê die parlement moet aandag gee aan die kommissie van ondersoek na staatskaping
se bevindings en aanbevelings.
Fischer het gesê Suid-Afrika kan nie nog ‘n staatskaping bekostig nie.