Kinders van ongedokumenteerde buitelandse burgers hoef geen vorm van identifikasie te toon vir toelating en registrasie – by enige skool – in Suid-Afrika nie.

IOL berig die departement van basiese onderwys het aan amptenare gesê dat ongedokumenteerde buitelandse ouers en voogde toegelaat moet word om hul kinders voor die begin van die 2025 akademiese jaar by skole in te skryf en vir matriekeksamens te registreer, selfs al het hulle nie die vereiste dokumente nie.

Die direkteur-generaal van Basiese Onderwys, Mathanzima Mweli, het aangedui dat die departement klagtes van burgerlike organisasies ontvang het dat leerders toelating tot skole geweier is of verhinder is om te registreer – en so nie die 2024 finale nasionale senior sertifikaat-eksamen kon skryf nie.

Hulle was die geleentheid geweier oor hulle nie ‘n identiteitsdokument, geboortesertifikaat of ‘n asielsoekerspermit kon toon nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×