‘n Kommerwekkende aantal onder- en ongekwalifiseerde opvoeders, insluitend studente, is glo in onderwysposte by sommige private skole regoor die land aangestel.
BusinessTech berig in 2022 het die destydse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, onthul daar is meer as 1 500 onder- en ongekwalifiseerde opvoeders in Suid-Afrika wat onderrig gee.
Die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal onderwysers moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) geregistreer wees om by enige skool onderrig te gee.
SARO het op sosiale media gesê hulle het begin om die SARO-registrasiestatus en sertifikate van elke onderwyser in alle openbare en onafhanklike skole na te gaan.