Drie mense is dood in ’n noodlottige ongeluk op die N1 in die Vrystaat toe ’n motor wat musikante vervoer naby die Koppies-afdraai met ’n vragmotor gebots het.
Na bewering is een van die oorledenes die Lesotho-gebore multi-platinum-verkoper kunstenaar – Malome Vector.
Volgens TimesLive was hulle glo opppad na Lesotho om ‘n musiekvideo te skiet toe die voertuig onder die sleepwa van die vragmotor beland het. Hulle is op die toneel dood verklaar. Twee ander, ‘n man en ‘n vrou, is in ‘n kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
In ‘n verklaring van die Vrystaatse Demartement van Gesondheid is die kunstenaars se bestuurders ingelig oor die besonderhede, asook wie betrokke was sodat hulle die naasbestaandes kan verwittig.
Van die vyf insittendes, is slegs twee mans en ‘n vrou geidentifiseer. ‘n Saak van strafbare manslag is geopen en word ondersoek.