Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat dit ’n saak van strafbare manslag ondersoek nadat ’n polisiebeampte per ongeluk ’n kollega doodgeskiet en ’n ander beseer het.

The Citizen berig ‘n gesamentlike Port Shepstone operasie van agt lede tussen verskillende eenhede het ’n persoon probeer op te spoor wat vermoedelik betrokke was by ’n huishoudelike dispuut.

Terwyl die beamptes taktiese bewegings uitgevoer het, het ‘n polisiebeampte vermoed hulle word aangeval en het losgebrand.

Een kollega is noodlottig gewond en die ander is na die hospitaal geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×