Vereenvoudigde rasteikens waarna alle ondernemings met meer as 50 werknemers oor die volgende vyf moet mik, is gister in die staatskoerant gepubliseer. ‘n Herrie het verlede jaar losgebars oor spesifieke teikens vir elke rasgroep in elke bedryf en hoe hulle op bestuursvlak in elke provinsie verteenwoordig moet word.

Dit is as raskwotas en ongrondwetlik beskou deur die DA, Solidariteit en ander partye. Netwerk 24 berig die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi noem dit nou teikens en nie kwotas nie. Die nuwe regulasies het ook net nasionale teikens en onderskei ook nie soos voorheen tussen verskillende rasse nie, maar verwys na mense uit aangewese groepe. Dit is bruin en swart mense asook mense van Indiese of Asiatiese herkoms.

Die vyfjaar-teikens vereis onder meer dat 35% van alle topbestuursposte in die landbou deur aangewese groepe gevul word en 50% in mynbou. Die publiek het 90 dae om op die wysigings kommentaar te lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×