Ongemerkte polisievoertuig in ‘n skietvoorval betrokke waar ‘n man van Dewetsdorp Donderdag in in die Nek geskiet is

‘n Ongemerkte polisievoertuig was by bewering in ‘n skietvoorval betrokke waar ‘n man van Dewetsdorp Donderdag in in die Nek geskiet is.  Dries van Tonder was oppad terug na sy huis toe nadat hy iemand wat in ‘n ongeluk was na die hospitaal in Bloemfontein gebring het.  ‘n Ongemerkte voertuig het Van Tonder in die vroeë oggend ure agtervolg en vir hom ligte geflits.  Danie van Tonder, sektoleier van die distrik se boerevereniging het aan Netwerk24 gesê hy is gebel deur Van Tonder wat vir hom gesê het hy word geagtervolg en daar word op hom geskiet.  Netwerk24 berig verder dat daar na die voorval verneem is ‘n ongemerkte polisievoertuig was by die voorval betrokke, maar geen blou ligte of sirenes is gebruik nie.  ‘n Opod woordvoerder het bevestig die vuur van ‘n polisiewapen deur ‘n beampte Donderdag omstreeks 03:45 naby Dewetsdorp word ondersoek.

Luister na potgooie hieronder