Eskom slaan op huis- en sake-eienaars met sonkragstelsel toe.

Volgens Primedia kan sonpaneelgebruikers binnekort boetes van meer as R50 000 opgelê word as hul panele nie geregistreer is nie.

‘n Energiekenner van Impower, Mathew Cruise, sê dit was nog altyd ‘n vereiste dat sonpaneelgebruikers hul stelsels moet registreer.

Sonkragstelsels moet deur Eskom se Small Scale Embedded Generators (SSEG)-program geregistreer word.

Sodra hierdie SSEG-aansoek saamgestel en aan Eskom gestuur is, kan dit tussen een en drie maande duur voordat die stelsel aanlyn gebring kan word.

Sonkraggebruikers het tot Maart volgende jaar om te registreer voordat die boetes in werking tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×