Ongeveer 10 mense, insluitdend ‘n vermeende gewapende man, is tydens ‘n skietery by ‘n onderwyssentrum in Swede oorlede.
Primedia berig die Sweedse premier, Ulf Kristersson, bestempel hierdie voorval as die ergtste massaskietery in die land se geskiedenis.
Owerhede het aanvanklik gesê verskeie mense is in die geweld by Campus Risbergska, ‘n sekondêre skool vir jong volwassenes in die dorp Orebro gewond, maar het geen sterftes aangemeld nie.
Intussen sê Orebro se polisiehoof dat weens die hoe aantal gewondes kan die polisie nie meer spesifiek oor die getal oorledenes wees nie.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie maar die polisie glo die gewapende man het alleen opgetree.