Skokkende statistieke toon dat 4 000  Oos-kaapse tiener meisies, waarvan 94 tussen 10 en 14 jaar oud is, sedert April geboorte geskenk het.

IOL berig dat volgens Foster Mohale die provinsie se gesonheidswoordvoerder, die meisies beweer dat die pa’s van die kinders, dieselfde ouderdom as hulle is. Hy voeg by dat onder andere die gebrek aan voldoende ouersorg, alkoholmisbruik, groepsdruk en geslagsgebaseerde geweld tot die groot aantal swangerskappe bydra.

Hierdie statistieke volg nadat President Cyril Ramaphosa vroeer vandag, so tydens Nationale Vroude-maand, Suid-Afrikaanse mans aangemoedig het om ‘n onderneming te onderteken om geslagsgebaseerde geweld te stop. Hy het ook ‘n beroep op mans gedoen om vroue met respek te hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×