Volgens die veldtog “Zero Dropout”, word die getal leerlinge wat skool vroeg verlaat geraam op vier uit elke tien. Ongeveer 40-persent van matrikulante wat in 2023 veronderstel was om die eindeksamen te skryf, het iewers in hul skoolloopbaan uitgesak. Volgens die veldtog se kommunikasiehoof, Colin Wardle, is daar verskeie sosio-ekonomiese omstandighede wat leerlinge se prestasie en betrokkenheid by die skoolstelsel beïnvloed. SABC berig intussen dat die Vrystaatse matrieks die beste gevaar het in die matriek eindeksamen met ‘n slaagsyfer van 89 persent.