Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, sê meer as 92% van Suid-Afrikaners het nou toegang tot elektrisiteit.

Hy sê die regering het sedert 2019, meer as 777 000 huishoudings aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel. Volgens Mantashe weerspieël dit die regering se verbintenis om te verseker dat burgers gelyke regte en toegang tot basiese dienste het.

Met ‘n bevolking van 61 miljoen, beteken dit egter dat ongeveer 5 miljoen mense in Suid-Afrika steeds geen toegang tot elektrisiteit het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×