Ongeveer ‘n derde van die staatsamptenare stem in vir ‘n 1,5% verhoging

Ongeveer 34% van staatsamptenare is tevrede met ‘n 1,5% verhoging.

Vakbonde het ook daarom intussen stiller geraak oor dreigemente van staatsdiensstakings.

Volgens Netwerk 24, sê Mugwena Maluleka, woordvoerder van al die Cosatu-geaffilieerde vakbonde, dat die vakbonde Sadtu, Naptosa en Hospersa alreeds aangedui het dat hulle die loonaanbod aanvaar.

Hierdie vakbonde verteenwoordig hoofsaaklik onderwysers en gesondheidsorgwerkers.

Op hulle eie is hulle egter te klein om die meerderheid te bereik wat nodig is om die loondispuut amptelik te beeïndig.

Denosa, Nehawu en die VSA sal nodig wees om die meerderheidstem te bereik.

Luister na potgooie hieronder