‘n Onderwyser van ‘n hoërskool in Ceres het aanvanklik gedink hy kry ‘n beroerte nadat hy – salig daarvan onbewus – aan dagga-muffins weggelê het.
Netwerk24 berig ‘n graad 9-leerling het volgens die onderwyser gesê sy ouma het die muffins gebak. Die seun se ouma is aan die onderwyser bekend, en daarom het hy nie gehuiwer om die muffins te eet nie. Toe hy ná ‘n middagslapie wakker word om vir ‘n ouervergadering reg te maak het die onderwyser besef daar is groot fout.
Hy is later na die leerling se ouerhuis toe om hom te konfronteer. Die seun het voor sy pa erken dat daar dagga in die muffins was. Hy is vir sewe dae geskors en het ‘n finale waarskuwing ontvang.