Onsekerheid oor die dra van maskers deur kinders, word uit die weg geruim

Kinders jonger as ses jaar oud, word nie deur die wet verplig om maskers tydens die inperkingstyd te dra nie.

Lungi Mtshali, woordvoerder van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die
onsekerheid oor hierdie aspek reggestel, en dit aan Netwerk 24 bevestig.

Die bewoording van die aangepaste vlak 3-regulasies, wat Dinsdagaand in die staaktskoerant gepubliseer is, lui dat alle Suid-Afrikaners verplig word om maskers te dra.

Die nodige uitsluiting van kinders onder ses, soos in die vorige regulasies ontbreek.

Volgens Mtshali sal die punt reggestel word. Dit bly egter steeds die ouers se keuse of hulle hulle kinders wel ‘n masker wil laat dra.

Luister na potgooie hieronder