Ontleders het verbruikers gewaarsku om nie dalings in pryse van voedselprodukte te verwag nie.

Dit is ondanks ‘n toename in oeste vir mielies en koring.

Regeringsberamings toon ‘n verwagte 6% toename in die mielie-oes vir die 2022/2023 boekjaar in vergelyking met die vorige boekjaar.

Ontleders sê die swak rand en beurtkrag sal groot prysdalings vir verbruikers teenwerk.

Ontleders verwag egter ook nie groot prysstygings vir stapelvoedsels op die kort termyn nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×