Politieke ontleders sê die ANC raak al hoe meer bekommerd oor die impak van die uMkhonto weSizwe-party, in die aanloop tot die 2024-verkiesing. Die MK-party het begin momentum kry nadat dit in Desember in die openbaar deur oudpresident Jacob Zuma ondersteun is. Die SAUK berig die politieke ontleder, Ebrahim Harvey, sê die ANC voel bedreig deur die MKP. Intussen reken President Cyril Ramaphosa daar is sosiale en politieke magte wat hard werk om die sogenaamde “winste van vryheid” wat oor die afgelope drie dekades behaal is, te ondermyn. Maroela Media berig hy het hierdie naweek gesê “teentransformasie-magte” kom in pakte byeen terwyl hulle terselfdertyd poog om die kragte vir verandering te fragmenteer – glo deur splintergroepe en klein partye te stig wat die ANC sal bestry.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×