Ontleders meen dat Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met soveel as drie keer die verwagte koers kan groei weens besteding en beleggings.
Volgens Newskoop sê Absa Bank-ontleder, Miyelani Maluleke, ekonomiese groei kan vanjaar so hoog soos twee-komma-een persent wees.
Hierdie voorspelling is ten spyte van die volgehoue spanning met Amerika.
Amerika bly een van die grootste handelsvennote vir Suid-Afrika.
Die spanning met die VSA het ook nie daarin geslaag om ʼn negatiewe impak op die sterkte van die rand te hê nie.
Suid-Afrika se ekonomie het die afgelope dekade met ʼn jaarlikse gemiddelde van minder as een persent gegroei.