Ontstoke betogers het gister in Derna in Libië om hulp gesmeek, en eis ook ‘n ondersoek, na afloop van verlede week se verwoestende vloede hier.
Derna is een van die stede wat die swaarste getref is.
Die betogers beskuldig die regering onder meer daarvan dat hy sy inwoners verwaarloos.
Meer as 11 000 mense is weens die vloede dood.