Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat fondse wat uit die tweepot-aftreestelsel onttrek word, belas sal word. Die inkomstediens het verduidelik dat belasting van toepassing is wanneer ‘n lid fondse onttrek of bedank, maar nie wanneer hy tot die pensioenfondse bydra nie.
Lede wat jaarliks minder as R95 000 verdien, sal egter nie belas word wanneer fondse uit die tweepotstelsel onttrek word nie. Hoeveel belasting afgetrek word, sal afhang van die lid se belastinggroep. Die tweepot-aftreestelsel skop Sondag in.