Die sesjarige Mohammad Shanawaaz Ashghar, wat Woensdagoggend in Kensington buite Kaapstad ontvoer is, is Donderdagaand met sy familie herenig. Ses gewapende verdagtes in twee Volkswagen Polo’s, het hom ongeveer agt-uur Woensdagoggend voor sy ouerhuis gegryp terwyl hy saam met sy pa op pad skool toe was. Besonderhede oor die seun se welstand is nie in hierdie stadium bekend nie. Die familie het ook geweier om te reageer op vrae oor of ‘n losprys vir die seun se terugbesorging geëis is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×