‘n Kaapstadse vrou wat laas week Vrydag ontvoer is, is teruggevind.

Die 39-jarige Alize van der Merwe is vroeër vanmiddag saam met ‘n ander vrou wat na bewering ook in September ontvoer is, naby die Sulenkama-polisiekantoor in die Oos-Kaap vrygelaat. Van der Merwe was op pad na ‘n vakansieoord suid van Port St. Johns toe sy ontvoer is. Haar ontvoerders het haar familie gekontak en ‘n losprys geëis.

Die Valke sê dat die twee vroue se vrylating as gevolg van volgehoue druk deur die polisie is. Netwerk24 berig dat beide vroue getraumatiseerd is en dat hulle hospitaal toe geneem is vir behandeling.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×